1 Samuel 20:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul het 'n spies na hom gegooi om hom te slaan, sodat Jónatan geweet het dat sy vader vasbeslote was om Dawid dood te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe tel Saul sy spies op om na Jonatan te gooi. Jonatan het besef sy pa het vas besluit om Dawid dood te maak.
Afrikaans 1933/1953 Daarop gooi Saul die spies na hom om hom te tref. Toe Jonatan dan merk dat dit van sy vader se kant vas besluit was om Dawid dood te maak,
Afrikaans 1983 Toe Saul die spies na Jonatan mik om hom dood te maak, het Jonatan geweet sy pa is vasbeslote om vir Dawid om die lewe te bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe gooi Saul sy vegspies na hom om hom te tref. Jonatan het besef dat, wat sy vader betref, dit 'n uitgemaakte saak was om Dawid dood te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het sy spies na Jonatan gegooi. Hy wou hom raakgooi. Jonatan het toe geweet sy pa het vas besluit om vir Dawid dood te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe mik Saul om Jonatan met die spies te gooi. Hy wou hom doodgooi. Jonatan het dadelik geweet sy pa het vas besluit om Dawid dood te maak.