1 Samuel 20:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe ontvlam Saul se toorn teen Jónatan, en hy sê vir hom: Jou seun van die verkeerde wederstrewige vrou, weet ek nie dat jy die seun van Isai uitverkies het tot jou eie wanorde en tot verwarring van jou moeder se naaktheid nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Saul het in woede teenoor Jonatan uitgebars: “Seun van ’n opstandige en rebelse vrou! Jy verkies mos die seun van Isai tot jou skande en die van jou ma wat jou in die wêreld gebring het! |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe ontvlam die toorn van Saul teen Jonatan, en hy sê vir hom: Jou ontaarde, wederstrewige seun, weet ek nie dat jy die seun van Isai verkies tot jou skande en tot skande van jou moeder se naaktheid nie? |
| Afrikaans 1983 | Toe het Saul hom bloedig vererg vir Jonatan en gesê: “Jou rebelse ellendeling! Jy verkies mos die seun van Isai tot jou eie skande en tot skande van jou ma wat jou in die wêreld gebring het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het hom vir Jonatan vererg en vir hom gesê: “Jou eiewys klein misbaksel! Weet ek nie maar te goed dat jy die seun van Isai verkies, tot jou eie skande en tot skande van jou ma wat aan jou geboorte gegee het nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul was kwaad vir Jonatan, hy het gesê: “Jy is soos die seun van 'n slegte en ontrou vrou! Ek weet jy wil vir die seun van Isai help teen my. Jy het jou eie naam en jou ma se naam sleg gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul het hom bloedig vir Jonatan vererg en geskree: “Jou opstandige klein sot! Dink jy ek weet nie dat jy kant gekies het vir daardie seun van Isai nie? En dit tot jou eie skande en die skande van jou ma wat jou in die wêreld gebring het! |