1 Samuel 20:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Laat my tog gaan; want ons familie het 'n offer in die stad; en my broer, hy het my beveel om daar te wees; en nou, as ek guns in u oë gevind het, laat my tog weggaan en my broers sien. Daarom kom hy nie na die koning se tafel nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gesê: ‘Laat my asseblief toe om die familie-offer op die dorp by te woon. My broer het my beveel om te kom. As jy dit goedvind, gee my toestemming om te gaan en my broers te besoek.’ Dis hoekom hy nie hier by die koning se tafel is nie.”
Afrikaans 1933/1953 en gesê: Laat my tog gaan, want ons het 'n familie-offer in die stad, en my broer self het my laat roep. As ek dan nou guns in jou oë gevind het, laat my tog heengaan om my broers te besoek. Daarom het hy nie aan die koning se tafel gekom nie.
Afrikaans 1983 Hy het gesê: ‘Laat my tog gaan, want ons het 'n familie-offer in die stad. My broer self het my laat roep. As u dit goedvind, laat my dan tog gaan sodat ek my broers kan gaan besoek.’ Daarom het hy nie aan die koning se tafel verskyn nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gesê, ‘Laat my asseblief gaan, want dit is die offer van ons familiegroep in die dorp en my broer het my self die opdrag gegee. As jy my dan nou goedgesind is, laat ek asseblief vrygestel word, sodat ek my familielede kan sien.’ Daarom het hy nie aan die koning se tafel gekom nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het gesê: ‘Laat my asseblief gaan, want ons familie moet 'n offer bring, en my broer het gesê ek moet kom. As jy goed wil wees vir my, laat my dan asseblief gaan sodat ek my broers kan sien.’ Dit is hoekom Dawid nie na die koning se tafel gekom het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het gesê: ‘Verskoon my, asseblief; ons familie in Betlehem het ’n familieoffer, en my oudste broer het gesê ek moet kom. As dit vir jou reg is, sal ek graag wil gaan en my familie gaan sien.’ Daarom het hy nie na die koning se ete gekom nie.”