1 Samuel 20:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volgende dag, dit was die tweede dag van die maand, was die plek van Dawid leeg, en Saul sê vir sy seun Jónatan: Waarom kom die seun van Isai nie om te eet nie, nie gister en ook nie vandag nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar toe Dawid se plek die volgende dag ook weer leeg is, vra Saul vir Jonatan: “Hoekom het die seun van Isai dan nie gister en vandag vir die ete opgedaag nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe op die volgende, die tweede dag na die nuwemaan, Dawid se plek leeg was, sê Saul vir sy seun Jonatan: Waarom kom die seun van Isai gister sowel as vandag nie na die maaltyd nie? |
| Afrikaans 1983 | Die volgende dag van die nuwemaan, die tweede dag, is Dawid se leë plek weer opgemerk. Saul vra toe vir sy seun Jonatan: “Waarom het die seun van Isai gister en vandag nie na die maaltyd toe gekom nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die dag ná nuwemaan, die tweede dag, was Dawid se plek weer leeg. Saul vra toe vir sy seun Jonatan: “Waarom het die seun van Isai nie gister en ook nie vandag na die maaltyd gekom nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die volgende dag, die tweede dag van die Nuwemaan-fees, was Dawid se plek weer leeg. Saul vra toe vir sy seun Jonatan: “Hoekom het die seun van Isai nie kom eet nie, nie gister nie en ook nie vandag nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die volgende dag, die tweede nuwemaansdag, was Dawid se plek wéér leeg. Toe vra Saul vir Jonatan: “Hoekom het die seun van Isai nie gister of vandag saam met ons kom eet nie?” |