1 Samuel 20:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Saul het daardie dag niks gespreek nie, want hy het gedink: Iets het hom oorgekom, hy is nie rein nie; sekerlik is hy nie rein nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie dag het Saul niks gesê nie, want hy het gedink: “Dawid is dalk seremonieel onrein. Dis seker hoekom hy nie hier is nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Saul het die dag niks gepraat nie, want hy het gedink: Daar het iets met hom gebeur dat hy nie rein is nie; waarlik, hy is nie rein nie. |
| Afrikaans 1983 | maar op daardie dag het Saul niks gesê nie, want hy het gedink: daar moes iets gebeur het, en hy is dalk nie rein nie, hy mag dalk nie aan tafel kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het dié dag egter niks gesê nie, want hy het gedink: “Iets het voorgeval dat hy nie rein is nie; ja, hy is nie rein nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het daardie dag niks gesê nie, want hy het gedink iets het met Dawid gebeur wat hom onrein gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul het daardie dag niks daaroor gesê nie, want hy het gedink: “Daar moes iets met Dawid gebeur het. Hy kon hom seker nie vir die ete gereedmaak nie en nou is hy onrein.” |