1 Samuel 20:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het op sy stoel gaan sit, soos die vorige kere, op 'n stoel by die muur;
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het op sy gewone plek teen die muur gaan sit, met Jonatan teenoor hom en Abner langs Saul. Dawid se plek was egter leeg.
Afrikaans 1933/1953 die koning het op sy sitplek gaan sit soos die vorige kere, op die sitplek teen die muur; en Jonatan het opgestaan, en Abner het langs Saul gesit, maar Dawid se plek was leeg.
Afrikaans 1983 en hy het soos gewoonlik op sy plek teen die muur gaan sit. Jonatan het regoor hom gesit en Abner langs Saul. Dawid se leë plek is opgemerk,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die koning op sy plek gaan sit soos die vorige kere, op die plek teen die muur, het Jonatan opgestaan. Abner het langs Saul gesit, en Dawid se plek was leeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesit op die plek waar hy altyd gesit het, op die sitplek teen die muur. Jonatan het gestaan, en Abner het langs Saul gesit. Dawid se plek was leeg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het op sy gewone plek teen die muur gaan sit. Abner het langs hom gesit en Jonatan regoor hom. Dawid se plek was leeg.