1 Samuel 20:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het hom toe weggesteek in die veld, en toe die nuwemaan gekom het, het die koning hom gaan sit om vleis te eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het toe volgens afspraak in die veld weggekruip. Toe die Nuwemaanfees begin, het die koning aangesit om te eet.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Dawid hom in die veld weggesteek. En toe dit nuwemaan was, gaan die koning aan die maaltyd sit om te eet --
Afrikaans 1983 Dawid het toe in die veld weggekruip. Met nuwemaan het die koning by die maaltyd aangesit,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het toe in die veld gaan wegkruip. Dit was nuwemaan en die koning het by die maaltyd gaan sit om te eet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het weggekruip in die veld. Dit was Nuwemaan-fees, en die koning het by die tafel gaan sit om te eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het toe in die veld gaan wegkruip. Op die nuwemaansdag het koning Saul na die feesete toe gegaan.