1 Samuel 20:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat die saak betref waaroor ek en jy gespreek het, kyk, die HERE is vir ewig tussen jou en my.
Afrikaans (NLV) 2011 En mag die Here ons help om die beloftes aan mekaar na te kom — Hy is immers getuie daarvan.”
Afrikaans 1933/1953 En wat die saak aangaan wat ons bespreek het, ek en jy -- kyk, die HERE is tussen my en jou tot in ewigheid.
Afrikaans 1983 En wat die saak betref waaroor ek en jy gepraat het: onthou, die Here is vir altyd getuie daarvan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat die saak betref waaroor ons, ek en jy, gepraat het, kyk, die Here is vir ewig getuie tussen my en jou.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar onthou wat ons vir mekaar gesê het, ek en jy. Moenie dit vergeet nie, die Here is altyd die getuie dat ek en jy 'n ooreenkoms het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En onthou, solank ons leef, is die Here getuie van die belofte wat ons aan mekaar gemaak het.”