1 Samuel 20:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, Ek stuur 'n seun wat sê: Gaan soek die pyle. As ek uitdruklik vir die seun sê: Kyk, die pyle is aan die ander kant van jou, neem dit; dan kom jy, want daar is vrede vir jou en geen kwaad nie; so waar as die HERE leef.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal dan ’n seun stuur om die pyle te gaan soek. As ek vir hom sê: ‘Hulle is aan die duskant; bring dit,’ weet dan so waar as die Here leef dat alles reg is en dat daar geen probleme is nie.
Afrikaans 1933/1953 En kyk, ek sal die dienaar stuur en sê: Gaan soek die pyle! As ek uitdruklik aan die dienaar sê: Daar is die pyle, van jou af duskant toe, bring dit -- dan kan jy maar kom; want jy is veilig en daar is niks nie, so waar as die HERE leef!
Afrikaans 1983 Dan sal ek my slaaf stuur: ‘Gaan soek die pyle.’ As ek uitdruklik vir hom sê: ‘Kyk, die pyle is duskant jou; tel hulle op en kom!’ is jy veilig en so seker as die Here leef, daar is dan geen gevaar nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, dan gaan ek my jong dienaar stuur met die woorde, ‘Gaan soek die pyle!’ As ek duidelik vir die jong dienaar sê, ‘Kyk, die pyle is van jou af duskant toe; kry dit!’ kom dan, want jy is veilig en daar is geen probleem nie, so waar as die Here leef!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en ek sal die seun wat by my is, stuur om die pyle te gaan haal. As ek hard vir die seun sê: ‘Kyk, die pyle is tussen my en jou, bring hulle,’ dan moet jy kom, want dan is daar nie probleme nie, so seker soos die Here lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal dan my wapendraer stuur om die pyle te gaan soek. As ek vir die wapendraer sê: ‘Nee man, die pyle lê nader! Bring hulle!’ kan jy maar uitkom, want dan is dit veilig. Dan is daar, so waar as die Here leef, geen gevaar nie.