1 Samuel 20:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: God verhoed dit; jy sal nie sterwe nie; kyk, my vader sal niks groots of kleins doen nie, maar dit aan my te kenne gee; en waarom sou my vader hierdie ding vir my verberg? dit is nie so nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nee!” antwoord Jonatan. “Jy sal nie doodgemaak word nie! Kyk, my pa sal niks, groot of klein, doen sonder dat ek dit weet nie. En hoekom sou my pa so iets vir my wegsteek? Nee, dit is nie so nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy sê vir hom: Volstrek nie! Jy sal nie sterwe nie. Kyk, my vader doen geen ding, klein of groot, sonder om dit aan my te openbaar nie; waarom sou my vader dan hierdie saak vir my wegsteek? Dit is nie so nie. |
| Afrikaans 1983 | Jonatan het hom geantwoord: “Nee, wag. Jy sal nie sterwe nie. Jy weet goed my pa doen niks, groot of klein, sonder om dit vertroulik vir my te vertel nie. Waarom sou my pa dan hierdie ding vir my wegsteek? Dit is nie soos jy dink nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hom geantwoord: “Hoegenaamd nie! Jy sal nie sterf nie! Kyk, my pa doen niks, groot of klein, sonder om my in te lig nie. Waarom sou my pa hierdie saak vir my wegsteek? Dit kan nie wees nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jonatan het gesê: “Jy sal nie sterf nie, dit is seker. My pa sê vir my alles wat hy wil doen. Hoekom sal hy hierdie ding vir my wegsteek? Dit is nie waar nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nooit! Jy gaan nie doodgemaak word nie,” sê Jonatan vir hom. “Ek verseker jou, my pa doen niks voordat hy eers met my daaroor gepraat het nie, of dit nou ’n belangrike of ’n onbelangrike ding is. Waarom sou hy dit vir my wegsteek as hy jou wil doodmaak? Daar bestaan nie so iets nie.” |