1 Samuel 20:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jy drie dae lank gebly het, moet jy gou afgaan en by die plek kom waar jy jou weggesteek het toe die saak aan die gang was, en by die klip Esel bly.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die derde dag moet jy teen die aand na die plek gaan waar jy voorheen weggekruip het. Wag daar by die kliphoop.
Afrikaans 1933/1953 Maar oormôre moet jy sekerlik afkom en gaan na die plek waar jy jou op die werkdag weggesteek het, en jy moet langs die klip Esel gaan sit.
Afrikaans 1983 Op die derde dag moet jy beslis na die plek toe kom waar jy die vorige keer op die werkdag weggekruip het. Jy moet langs die hoop klippe gaan sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar op die derde dag, wanneer dit weer 'n gewone werksdag is, moet jy ver afgaan, tot jy kom by die plek waar jy weggekruip het. Gaan sit dan langs die Ezel-rots.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En oormôre moet jy kom en gaan wegkruip op die plek waar jy voorheen weggekruip het. Jy moet gaan sit by die Esel-klip.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan oormôre na die plek toe waar jy die vorige keer weggekruip het, dan gaan sit jy naby die Ezelrots.