1 Samuel 20:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jónatan het Dawid weer laat sweer, omdat hy hom liefgehad het, want hy het hom liefgehad soos hy sy eie siel liefgehad het.
Afrikaans (NLV) 2011 Jonatan het sy eed van vriendskap met Dawid hernu, want Jonatan was besonder geheg aan hom — hy het hom liefgehad soos homself.
Afrikaans 1933/1953 En Jonatan het Dawid weer laat sweer by sy liefde vir hom; want hy het hom liefgehad met die liefde van sy siel.
Afrikaans 1983 Jonatan het Dawid dit met 'n eed vir hom laat belowe vanweë sy liefde vir hom, want hy het hom liefgehad soos homself.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jonatan het weer vir Dawid 'n eed laat sweer by sy liefde vir hom; want hy het hom innig liefgehad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jonatan het weer gesê Dawid moet dit belowe, want hy was lief vir Dawid. Hy was so lief vir Dawid soos hy vir homself lief was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jonatan het Dawid ook laat sweer dat hy getrou sal bly aan hom, dat hy vir hom soveel sal omgee as wat hy vir homself omgee.