1 Samuel 20:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE doen so en nog baie meer aan Jónatan; maar as dit my vader behaag om kwaad aan jou te doen, dan sal Ek dit jou te kenne gee en jou wegstuur, dat jy in vrede kan gaan; en die HERE sal met jou wees soos Hy by my pa was.
Afrikaans (NLV) 2011 Indien nie, mag die Here met my afreken as ek jou nie waarsku en veilig wegstuur nie. Mag die Here met jou wees soos Hy by my pa was.
Afrikaans 1933/1953 Mag die HERE so aan Jonatan doen en so daaraan toedoen: as my vader goedvind om onheil oor jou te bring, dan sal ek jou dit openbaar en jou laat gaan, dat jy veilig kan wegkom; en mag die HERE met jou wees soos Hy met my vader gewees het.
Afrikaans 1983 Mag die Here my om die lewe bring as my pa besluit het om jou dood te maak en ek jou dit nie in die oor fluister nie en jou nie kans gee om veilig weg te kom nie. Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag die Here vir my, Jonatan, swaar straf as ek dít nie doen nie: As onheil oor jou my pa se keuse is, sal ek jou inlig en jou wegstuur, dat jy veilig kan weggaan. En mag die Here dan by jou wees, soos Hy by my pa was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En as my pa besluit het om jou dood te maak, dan sal ek ook vir jou laat weet. Ek sal jou laat weggaan sodat jy veilig kan wees. Die Here moet my straf as ek dit nie doen nie. En ek bid dat die Here by jou sal wees soos Hy by my pa was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as my pa vas besluit het om van jou ontslae te raak, sal ek jou laat weet en seker maak dat jy wegkom na ’n veilige plek. As ek dit nie doen nie, kan die Here my maar baie swaar straf. “Die Here sal jou help soos Hy vroeër my pa gehelp het.