1 Samuel 20:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jónatan het vir Dawid gesê: HERE, God van Israel, as ek môre of op die derde dag my vader geblaas het, en kyk, as daar goed is teen Dawid, en ek dan nie na u stuur om te wys dit jy;
Afrikaans (NLV) 2011 Jonatan sê vir Dawid: “So waar as die Here die God van Israel leef, ek sal môre hierdie tyd of oormôre met hom praat. As hy gunstig oor jou praat, sal ek jou laat weet.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Jonatan vir Dawid: Die HERE, die God van Israel,is getuie dat ek my vader môre of oormôre op hierdie tyd sal uitvra; en as dit gunstig is vir Dawid, sal ek dan nie na jou stuur en jou dit openbaar nie?
Afrikaans 1983 en Jonatan het vir Dawid gesê: “So seker as die Here die God van Israel leef, ek sal my pa môre of oormôre pols. Hy sal gunstig gestem wees teenoor jou. So nie, sal ek na jou toe stuur en dit in die geheim aan jou bekend maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sê Jonatan vir Dawid: “Voor die Here, die God van Israel: Ek sal môre of oormôre ongeveer hierdie tyd my pa uitvra. En kyk, as dit gunstig is vir Dawid – sal ek dan nie iemand na jou stuur om jou in te lig nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en Jonatan het vir Dawid gesê: “So seker soos die Here, die God van Israel, lewe, ek sal oormôre hierdie selfde tyd vir my pa vra, en as sy antwoord goed is vir jou, dan sal ek dit dadelik vir jou laat weet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en daar het Jonatan vir Dawid gesê: “Ek belowe jou voor die Here, die God van Israel, dat ek oormôre teen hierdie tyd sal uitvind wat my pa se plan is. As dit goed lyk, sal ek vir seker iemand stuur om dit vir jou te kom sê.