1 Samuel 20:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het van Najot in Rama gevlug en gekom en voor Jónatan gesê: Wat het ek gedoen? wat is my ongeregtigheid? en wat is my sonde voor jou vader, dat hy my lewe soek?
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid vlug toe uit die profetekwartiere in Rama en kom by Jonatan aan. Hy vra hom: “Wat het ek gedoen? Wat is my oortreding, en wat het ek teen jou pa verkeerd gedoen dat hy my lewe soek?”
Afrikaans 1933/1953 Toe het Dawid gevlug uit Najot by Rama, en hy het by Jonatan gekom en gevra: Wat het ek gedoen? Wat is my misdaad, en wat is my sonde voor jou vader, dat hy my lewe soek?
Afrikaans 1983 Daarna het Dawid uit die profetekwartiere in Rama padgegee en by Jonatan gekom en vir hom gevra: “Wat het ek gedoen? Wat is my oortreding of wat het ek verkeerd gedoen teenoor jou pa dat hy my lewe soek?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het uit Najot in Rama gevlug. Hy het by Jonatan gekom en hom reguit gevra: “Wat het ek gedoen? Wat is my skuld, wat is my sonde voor jou pa, dat hy my lewe soek?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het uit die profete-kamp by Rama gevlug en hy het na Jonatan toe gegaan. Hy het vir Jonatan gesê: “Wat het ek verkeerd gedoen? Wat het ek gedoen teen jou pa? Watter fout het ek gemaak? Hoekom wil jou pa my doodmaak?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het gemaak dat hy wegkom van die profete se huis in Rama. Hy het by Jonatan gekom en vir hom gesê: “Wat het ek verkeerd gedoen? Watter sonde het ek gedoen? Wat het ek aan jou pa gedoen dat hy my wil doodmaak?”