1 Samuel 2:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Eli het Elkana en sy vrou geseën en gesê: Mag die HERE jou nageslag van hierdie vrou gee vir die lening wat aan die HERE geleen is. En hulle het na hul eie huis gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan het Eli vir Elkana en sy vrou geseën en gesê: “Mag die Here jou uit hierdie vrou nog kinders gee in die plek van hierdie een wat sy van die Here afgesmeek het.” Daarna het hulle huis toe gegaan.
Afrikaans 1933/1953 Dan seën Eli lkana en sy vrou en sê: Mag die HERE jou 'n nageslag gee uit hierdie vrou ter vergoeding van wat aan die HERE afgestaan is. Daarop gaan hulle na sy woonplek toe.
Afrikaans 1983 Dan het Eli vir Elkana en sy vrou geseën en gesê: “Mag die Here jou uit hierdie vrou 'n nageslag gee in die plek van die seun wat van die Here afgesmeek is.” Daarna is hulle weer huis toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan het Eli vir Elkana en sy vrou geseën. Hy het gesê: “Mag die Here vir jou uit hierdie vrou 'n nageslag vestig in die plek van hom wat van die Here gevra is. ” Daarna het hulle na hulle woonplek gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eli het Elkana en sy vrou geseën en gesê: “Jy en jou vrou het hierdie kind vir die Here geleen. Ek bid dat die Here vir julle nog kinders sal gee in sy plek.” Daarna het Elkana en sy huisgesin teruggegaan na sy huis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan het Eli vir Elkana en sy vrou geseën en vir hom gesê: “Mag die Here vir jou by hierdie vrou nog kinders gee in die plek van die een wat sy van die Here gevra en weer aan Hom teruggegee het.” Daarna het hulle huis toe gegaan.