1 Samuel 19:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was weer oorlog, en Dawid het uitgetrek en teen die Filistyne geveg en hulle met 'n groot slagting verslaan; en hulle het vir hom gevlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het weer oorlog uitgebreek. Dawid en sy manskappe het teen die Filistyne gaan veg. Die slagting was groot en die Filistyne het van hom af weggevlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe daar weer oorlog kom, het Dawid uitgetrek en teen die Filistyne geveg en 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat hulle voor hom uit gevlug het. |
| Afrikaans 1983 | Daar het weer 'n keer oorlog gekom, en Dawid het opgetrek om teen die Filistyne te veg. Hy het hulle in 'n bloedige veldslag verslaan, en hulle het voor hom gevlug. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar het weer oorlog uitgebreek, en Dawid het uitgetrek en teen die Filistyne geveg. Hy het 'n groot slagting onder hulle aangerig, en hulle het voor hom gevlug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was weer oorlog, en Dawid het teen die Filistyne gaan veg. Hulle het hard geveg en Dawid het die Filistyne oorwin. Die Filistyne het gevlug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was weer oorlog met die Filistyne en Dawid het teen hulle gaan veg. Dié keer het Dawid hulle so erg aangeval dat hulle vir hom gevlug het. |