1 Samuel 19:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jónatan het Dawid geroep, en Jónatan het hom al hierdie dinge laat sien. En Jónatan het Dawid na Saul gebring, en hy was voor hom soos in die verlede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna roep Jonatan vir Dawid en vertel hom alles. Hy het Dawid na Saul toe gebring en Dawid was in Saul se diens soos voorheen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Jonatan Dawid geroep, en Jonatan het al hierdie woorde aan hom meegedeel. En Jonatan het Dawid na Saul gebring, en hy was voor hom soos gister en eergister. |
| Afrikaans 1983 | Hierná het Jonatan vir Dawid gaan roep, en Jonatan het hom die hele gesprek meegedeel. Jonatan het vir Dawid na Saul toe gebring, en Dawid het vir Saul gedien soos voorheen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jonatan het Dawid geroep, en Jonatan het hom alles vertel wat gesê is. Jonatan het Dawid na Saul geneem, en hy was in sy diens soos voorheen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jonatan het toe vir Dawid geroep en hy het alles vir hom vertel, en hy het vir Dawid teruggebring na Saul toe. Alles was toe weer soos dit voorheen was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jonatan het toe vir Dawid geroep en hom alles vertel. Hy het Dawid na Saul toe gevat en Dawid het weer soos voorheen vir Saul gewerk. |