1 Samuel 19:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy het sy lewe in sy hand gegee en die Filistyn gedood, en die HERE het 'n groot verlossing vir die hele Israel bewerk; jy het dit gesien en was bly; waarom sal jy dan sondig teen onskuldige bloed om Dawid sonder oorsaak dood te maak?
Afrikaans (NLV) 2011 Trouens, hy het sy lewe op die spel geplaas en die Filistyn doodgemaak. Daarmee het die Here ’n groot verlossing vir die hele Israel bewerk. U het dit gesien en was saam bly. Hoekom sal u sondig en onskuldige bloed vergiet deur Dawid sonder rede dood te maak?”
Afrikaans 1933/1953 hy het sy lewe gewaag en die Filistyn verslaan, en die HERE het aan die hele Israel 'n groot oorwinning besorg. U het dit gesien en u was bly; waarom sal u dan aan onskuldige bloed u besondig deur Dawid sonder oorsaak dood te maak?
Afrikaans 1983 Hy het sy lewe gewaag en die Filistyn verslaan dié keer toe die Here die groot uitkoms vir die hele Israel bewerk het. U het dit gesien en u was self bly. Waarom sal u sonde doen oor 'n onskuldige man en vir Dawid sonder rede doodmaak?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het sy lewe in sy hand geneem en die Filistyn verslaan; en die Here het 'n groot oorwinning bewerk vir die hele Israel. U het dit gesien en was verheug. Waarom sal u dan verkeerd doen deur onskuldige bloed te stort en Dawid sonder rede doodmaak?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het geweet dit is baie gevaarlik om teen die Filistyn te veg, maar hy het dit gedoen en hy het die Filistyn oorwin. Die Here het toe vir al die manne van Israel ver laat wen. Koning, jy het dit gesien en jy was bly. Hoekom wil jy nou verkeerd doen en vir Dawid doodmaak? Hy is onskuldig, hy het niks gedoen waaroor jy hom moet doodmaak nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het sy lewe gewaag om die Filistyn dood te maak, en die Here het ’n groot oorwinning vir die hele Israel gegee. Pa het dit self gesien en Pa was bly daaroor. Hoekom sou Pa dan nou sonde doen deur ’n onskuldige man soos Dawid dood te maak?”