1 Samuel 19:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jónatan het goed gepraat oor Dawid met sy vader Saul en vir hom gesê: Laat die koning nie sondig teen sy dienaar, teen Dawid nie; omdat hy nie teen jou gesondig het nie en omdat sy werke vir jou baie goed was.
Afrikaans (NLV) 2011 Jonatan het toe ’n goeie woord vir Dawid by Saul gedoen en gesê: “Die koning moenie sondig teen u onderdaan Dawid nie. Hy het niks wat sleg is teen u gedoen nie, maar net goeie dinge.
Afrikaans 1933/1953 Jonatan het toe goed van Dawid gespreek by sy vader Saul en vir hom gesê: Laat die koning hom tog nie besondig aan sy dienaar Dawid nie, omdat hy nie teen u gesondig het nie, en omdat sy handelwyse u geheel ten goede kom:
Afrikaans 1983 Jonatan het toe vir Dawid voorspraak gedoen by Saul en vir hom gesê: “Die koning moet hom tog nie aan sy onderdaan Dawid besondig nie, want hy het u geen kwaad aangedoen nie, sy dade was baie voordelig vir u.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jonatan het toe vir Dawid voorspraak gedoen by sy vader, by Saul. Hy het vir hom gesê: “Die koning moet tog nie verkeerd doen wat sy dienaar Dawid betref nie, want hy het niks verkeerds teenoor u gedoen nie. Trouens, sy optrede was grootliks tot u voordeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jonatan het by die koning gesoebat oor Dawid. Hy het gesê: “Koning, jy moet asseblief nie iets verkeerd doen aan Dawid nie, want hy het nie iets verkeerd gedoen teen jou nie. Alles wat Dawid gedoen het, was baie goed vir jou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jonatan het by Saul vir Dawid gepleit en vir hom gesê: “Pa is koning; moet tog nie ’n verkeerde ding aan Dawid doen nie. Hy is Pa se onderdaan en hy het niks verkeerds aan Pa gedoen nie. Inteendeel, wat hy gedoen het, was net tot Pa se voordeel.