1 Samuel 19:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek sal uitgaan en by my vader gaan staan in die veld waar jy is, en ek sal met my vader van jou praat; en wat ek sien, dit sal ek jou vertel.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal daar by my pa gaan staan en hom oor jou uitvra. Dan sal ek jou laat weet.”
Afrikaans 1933/1953 Dan sal ek uitgaan en langs my vader gaan staan in die veld waar jy is, en ek sal met my vader oor jou spreek; en as ek iets sien, sal ek jou dit meedeel.
Afrikaans 1983 Dan sal ek in die veld waar jy is, langs my pa gaan staan en met hom oor jou praat. As ek agterkom hoe dit gesteld is, sal ek jou dit vertel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal uitkom en langs my pa gaan staan in die veld waar jy is. Ek sal met my pa oor jou praat. As ek iets agterkom, sal ek jou laat weet.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal kom en saam met my pa in die veld gaan staan naby die plek waar jy is en ek sal met my pa praat oor jou, sodat ek kan weet wat hy wil doen. Dan sal ek dit vir jou sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal self môre saam met my pa uitgaan en in die veld waar jy wegkruip, met hom oor jou praat. As ek iets agterkom, sal ek jou laat weet.”