1 Samuel 19:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het ook sy klere uitgetrek en op dieselfde manier voor Samuel geprofeteer en naak gaan lê die hele dag en die hele nag. Daarom sê hulle: Is Saul ook onder die profete?
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het selfs sy klere uitgetrek terwyl hy soos ’n profeet voor Samuel opgetree het. Die hele dag en nag het hy daar sonder klere gelê sodat die mense gevra het: “Wat, is Saul ook tussen die profete?”
Afrikaans 1933/1953 Hy het ook self sy klere uitgetrek en ook voor Samuel geprofeteer en ontbloot neergeval daardie hele dag en die hele nag. Daarom sê hulle: Is Saul ook onder die profete?
Afrikaans 1983 Ook hý het sy klere uitgetrek en self as profeet opgetree in die teenwoordigheid van Samuel. Daardie hele dag en nag het Saul sonder klere op die grond gelê, sodat die mense gevra het: “Is Saul ook onder die profete?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook hy het sy klere uitgetrek, en ook hy was in geestesvervoering in Samuel se teenwoordigheid. Daardie hele dag en nag het hy kaal daar gelê. Daarom word daar gesê: “Is Saul ook onder die profete?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het sy klere uitgetrek en hy het daar by Samuel soos 'n profeet gepraat. Hy het daardie hele dag en nag daar kaal gelê. Dit is hoekom die mense sê: “Is Saul ook by die profete?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het hý ook sy klere uitgetrek en in profetiese ekstase voor Samuel neergeslaan. Hy het ’n hele dag en ’n nag so kaal bly lê. Daarom sê die spreekwoord: “Hoort Saul dan by die profete?”