1 Samuel 19:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy ook na Rama gegaan en by 'n groot put gekom wat in Segu is; en hy het gevra en gesê: Waar is Samuel en Dawid? En een het gesê: Kyk, hulle is by Najot in Rama. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe gaan hy self na Rama toe. By die groot opgaardam in Seku aangekom, vra hy: “Waar is Samuel en Dawid?” “Hulle is in die profetekwartiere in Rama,” was die antwoord. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het self ook na Rama gegaan en by die groot put gekom wat by Segu is, en gevra en gesê: Waar is Samuel en Dawid? En hulle antwoord: Daar in Najot by Rama. |
| Afrikaans 1983 | Daarop het hy self na Rama toe gegaan en toe hy by die groot opgaardam in Seku kom, vra hy: “Waar is Samuel en Dawid?” Iemand het geantwoord: “Daar in die profetekwartiere in Rama.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het toe ook self na Rama gegaan. Toe hy aankom by die groot opgaarput wat by Segu is, vra hy: “Waar is Samuel en Dawid?” Iemand het geantwoord: “Daar in Najot in Rama.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe gaan Saul self na Rama, en toe hy by die groot watergat kom wat by Seku is, vra hy: “Waar is Samuel en Dawid?” Iemand het vir hom gesê: “Hulle is hier by Rama in die profete-kamp.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul gaan toe maar self na Rama toe. Toe hy by die groot put in Seku kom, het hy gevra waar Samuel en Dawid is. Die mense het hom beduie na die huis van die profete in Rama. |