1 Samuel 19:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul het boodskappers gestuur om Dawid te gaan haal; en toe hulle die skare profete sien profeteer en Samuel wat oor hulle aangestel is, staan, was die Gees van God op die boodskappers van Saul, en hulle het ook geprofeteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe stuur Saul van sy mense om Dawid gevange te neem. Daar aangekom, sien hulle die groep mense wat met Samuel as leier soos profete optree. Die Gees van God kom toe oor Saul se boodskappers en hulle het self soos profete begin optree.
Afrikaans 1933/1953 Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid te gaan haal. Maar toe hulle die skare profete sien profeteer, met Samuel as leier aan hulle hoof, het die Gees van God oor die boodskappers van Saul gekom, sodat hulle ook geprofeteer het.
Afrikaans 1983 Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid gevange te neem. Toe hulle die groep profete sien wat besig was om as profete op te tree onderwyl Samuel hulle voorgaan, het die Gees van God oor die boodskappers van Saul gekom, en hulle het self ook begin om as profete op te tree.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop stuur Saul gesante om Dawid te gaan vang. Toe hulle die groep profete in geestesvervoering sien, met Samuel wat daar staan as hulle voorganger, het die Gees van God oor Saul se gesante gekom, en ook hulle het in geestesvervoering geraak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy het manne gestuur om vir Dawid te vang. Maar toe die manne die groep profete sien, en hulle hoor hoe die profete praat en hulle sien Samuel is die leier, het die Gees van God in Saul se manne gekom, en hulle het ook soos profete begin praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het hy mense gestuur om hom te vang. Hulle kom toe daar af op ’n groep profete wat in profetiese ekstase is. Samuel het hulle gelei. Die Gees van God het in die manne van Saul begin werk sodat hulle ook in profetiese ekstase geraak het.