1 Samuel 19:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Jonatan, die seun van Saul, het baie behae in Dawid gehad, en Jónatan het dit aan Dawid meegedeel en gesê: My vader Saul wil jou doodmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sê hy vir Dawid: “My pa wil jou doodmaak. Wees baie versigtig. Môre-oggend moet jy in die veld gaan wegkruip. |
| Afrikaans 1933/1953 | en Jonatan het dit aan Dawid meegedeel en gesê: My vader Saul soek geleentheid om jou dood te maak: pas dan nou môre vroeg op en hou jou verborge en steek jou weg. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Jonatan vir Dawid vertel: “My pa wil jou doodmaak. Jy moet tog môreoggend versigtig wees. Gaan sit op 'n beskutte plek en kruip weg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jonatan het dit vir Dawid gaan vertel: “My pa, Saul, is daarop uit om jou dood te maak. Wees daarom asseblief môreoggend versigtig. Gaan sit op 'n geheime plek; kruip weg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jonatan het vir Dawid gewaarsku. Hy het vir Dawid gesê: “My pa Saul wil jou doodmaak. Jy moet nou baie versigtig wees. Jy moet môre gaan wegkruip, niemand moet weet waar jy is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hy dit vir hom gaan vertel: “My pa wil jou laat doodmaak,” het hy gesê. “Jy moet môreoggend lig loop. Kry vir jou ’n veilige plek en gaan kruip weg. |