1 Samuel 19:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Migal het 'n beeld geneem en dit op die bed neergelê en 'n kussing van bokhaar vir sy draagdoek gesit en dit met 'n doek toegemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna neem sy ’n huisgod, laat lê dit op die bed met bokhaar by die kop en gooi dit toe met ’n kombers. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop neem Migal die huisgod en lê dit op die bed neer, en sy sit die net van bokhaar aan sy koppenent en bedek dit met 'n kombers. |
| Afrikaans 1983 | Maar Mikal het die afgodsbeeld gevat en op die bed neergesit. Sy het 'n bokhaarnet om die beeld se kop gedraai en dit met 'n kombers toegemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Migal neem toe die huisgod, sit dit in die bed met 'n net van bokhaar by sy kop, en bedek dit met 'n kledingstuk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mikal het 'n beeld geneem en sy het dit op die bed gesit. Sy het 'n stuk bokvel om die beeld se kop gedraai en sy het die beeld toegemaak met klere. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mikal het die beeld van die huisgod gevat en dit op die bed gesit. Sy het ’n deken oor die beeld gegooi en ’n bokhaarkombersie om die beeld se kop gedraai. |