1 Samuel 19:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Saul het ook boodskappers na die huis van Dawid gestuur om hom te bewaak en hom in die môre dood te maak; en Migal, die vrou van Dawid, het dit aan hom gesê en gesê: As jy vanaand nie jou lewe red nie, sal jy môre gedood word.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul stuur toe soldate om wag te hou oor Dawid se huis en hom in die oggend dood te maak. Maar Dawid se vrou Mikal waarsku hom: “As jy nie vannag nog vlug nie, sal jy môre sekerlik doodgemaak word.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Saul het boodskappers na Dawid se huis gestuur om hom te bewaak en hom die môre vroeg dood te maak. Maar sy vrou Migal het dit aan Dawid meegedeel en gesê: As jy nie vannag jou lewe red nie, word jy môre gedood.
Afrikaans 1983 Toe stuur Saul mense na Dawid se huis toe om hom dop te hou en hom in die môre dood te maak. Maar sy vrou Mikal het hom gewaarsku: “As jy nie vannag vlug nie, word jy môre doodgemaak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het gesante na Dawid se huis gestuur om dit dop te hou en hom die volgende oggend dood te maak. Maar Dawid se vrou, Migal, het hom ingelig en gesê: “As jy nie vannag vir jou lewe vlug nie, is jy môre dood.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het manne na Dawid se huis gestuur om by sy huis wag te staan en om Dawid in die oggend dood te maak, maar Dawid se vrou Mikal het vir Dawid gewaarsku. Sy het vir hom gesê: “Jy moet vannag vlug om jou lewe te red, anders sal hulle jou môre doodmaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul het mense na Dawid se huis gestuur om die huis dop te hou en Dawid die volgende môre dood te maak. Maar Mikal, sy vrou, het hom gewaarsku: “Sorg dat jy vannag wegkom, anders is jy môre dood.”