1 Samuel 19:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Saul het probeer om Dawid tot by die muur met die spies te slaan; maar hy het weggeglip voor Saul se aangesig en die spies in die muur geslaan; en Dawid het gevlug en daardie nag vrygekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul het Dawid met die spies teen die muur probeer vaspen, maar Dawid het gekoes sodat die spies in die muur vasgesteek het. Daardie nag het Dawid gevlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe probeer Saul om Dawid met die spies teen die muur vas te steek, maar hy het vir Saul gekoes, sodat hy die spies teen die muur vasgooi. En Dawid het gevlug en daardie nag vrygekom. |
| Afrikaans 1983 | het hy geprobeer om Dawid teen die muur vas te pen met die spies. Maar Dawid het weggekoes, en Saul het die spies teen die muur vasgegooi. Dawid het gevlug en daardie nag ontsnap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het probeer om Dawid met die vegspies teen die muur vas te pen, maar hy het hom ontwyk, en Saul het die vegspies in die muur vas gegooi. Dawid het toe padgegee en daardie nag ontvlug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het probeer om vir Dawid teen die muur vas te gooi met sy spies, maar Dawid het weggespring, en Saul het die spies teen die muur vasgegooi. Dawid het gevlug en hy het daardie nag weggekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul wou vir Dawid met die spies teen die muur vasgooi, maar Dawid het gekoes sodat die spies in die muur vasgesteek het. Dawid het weggehardloop en daardie nag van die paleis af padgegee. |