1 Samuel 18:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het uitgegaan waarheen Saul hom ook al gestuur het, en hy het verstandig gedra; en Saul het hom oor die krygsmanne aangestel, en hy was welgevallig in die oë van die hele volk en ook in die oë van Saul se dienaars. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het toe uitgetrek teen wie ook al Saul hom uitgestuur het. Dawid het dit suksesvol uitgevoer. Daarom het Saul hom oor sy soldate aangestel. Sowel die soldate as Saul se amptenare het dit goedgekeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het uitgetrek. Oral waar Saul hom gestuur het, was hy voorspoedig, sodat Saul hom oor die krygsmanne aangestel het; en dit was goed in die oë van die hele volk en ook in die oë van die dienaars van Saul. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het toe opgetrek teen elkeen teen wie Saul hom uitgestuur het. Hy was suksesvol, en Saul het hom oor die soldate aangestel. Die hele volk en Saul se amptenare het dit goedgevind. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het aan al die veldtogte deelgeneem, waarheen Saul hom ook al gestuur het. Hy het sukses behaal, en Saul het hom aangestel oor die krygsmanne. Die hele volk en ook Saul se amptenare het dit goedgevind. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het oral gegaan waar Saul hom gestuur het, en dit het goed gegaan met hom. Saul het hom gekies om die hoof te wees oor die manne wat moes oorlog maak, en die manne en ook Saul se amptenare was bly daaroor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alles wat Dawid vir Saul moes doen, was ’n sukses. Daarom het Saul hom oor sy soldate aangestel. Al die manskappe en die paleiswerkers was gelukkig daaroor. |