1 Samuel 18:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jónatan het die mantel wat hom aangehad het, uitgetrek en dit aan Dawid gegee en sy klere tot by sy swaard en tot by sy boog en tot by sy gordel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jonatan het sy mantel uitgetrek en dit vir Dawid gegee. Hy het ook sy wapenrusting, sy swaard, sy boog en sy gordel vir hom gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarby trek Jonatan sy mantel uit wat hy aangehad het, en gee dit aan Dawid; ook sy klere, ja, selfs sy swaard en sy boog en sy gordel. |
| Afrikaans 1983 | Jonatan het die mantel wat hy aangehad het, uitgetrek en dit vir Dawid gegee, ook sy uitrusting, sy swaard, sy boog en sy gordel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jonatan het die mantel wat hy aangehad het, uitgetrek en dit vir Dawid gegee, ook sy uitrusting, ja selfs sy swaard, sy boog en sy gordel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jonatan het sy bo-kleed en sy ander klere uitgetrek en hy het dit vir Dawid gegee, en ook sy swaard en sy pyl en boog en sy belt. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jonatan het sy mantel wat hy aangehad het, uitgetrek en vir Dawid gegee. Hy het ook sy oorlogsklere en selfs sy swaard, sy boog en sy lyfband vir hom gegee. |