1 Samuel 18:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die vorste van die Filistyne uitgetrek, en nadat hulle uitgetrek het, het Dawid hom wyser gedra as al die dienaars van Saul; sodat sy naam groot sou wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Telkens wanneer die Filistynse heersers vir oorlog uitgetrek het, was Dawid meer suksesvol as enige van die ander bevelvoerders van Saul. So het hy baie aansien verwerf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die vorste van die Filistyne het uitgetrek; en so dikwels as hulle uittrek, het Dawid meer voorspoed gehad as al die dienaars van Saul, sodat sy naam hooggeëerd was. |
| Afrikaans 1983 | Die regeerders van die Filistyne het herhaaldelik opgetrek om oorlog te maak, maar elke keer as hulle optrek, het Dawid meer sukses gehad as die offisiere van Saul, sodat hy groot aansien verkry het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die aanvoerders van die Filistyne het uitgetrek om oorlog te voer, maar telkens wanneer hulle uitgetrek het, het Dawid meer sukses behaal as al Saul se offisiere. Sy naam het groot agting afgedwing. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers van die Filistyne het baie maal gekom om oorlog te maak, maar elke maal het Dawid hulle oorwin. Dawid het hulle meer male oorwin as al die ander amptenare van Saul. Almal het vir Dawid gerespekteer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistyne het baie keer teen die Israeliete oorlog gemaak, maar elke keer het Dawid beter gevaar as Saul se offisiere. So het Dawid beroemd geword. |