1 Samuel 18:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Saul het gesien en geweet dat die HERE met Dawid was en dat Mikal, die dogter van Saul, hom liefgehad het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul het opgelet dat die Here met Dawid was en dat sy dogter Mikal hom liefhet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Saul sien en merk dat die HERE met Dawid was, en dat Migal, die dogter van Saul, hom liefhet, |
| Afrikaans 1983 | Dit het vir Saul duidelik geword dat die Here by Dawid is. Boonop het Saul se dogter Mikal vir Dawid liefgehad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het ingesien en besef dat die Here met Dawid is, en dat Migal, Saul se dogter, hom liefhet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het gesien en geweet dat die Here by Dawid is. Saul het ook gesien dat sy dogter Mikal lief is vir Dawid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul het self gesien en geweet dat die Here vir Dawid help en dat sy dogter Dawid liefhet. |