1 Samuel 18:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe sy dienaars hierdie woorde aan Dawid meedeel, het dit Dawid goed behaag om die koning se skoonseun te wees, en die dae was nog nie verby nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die amptenare het dit vir Dawid vertel en hy het dit goedgevind om so skoonseun van die koning te word voordat die aanbod verstryk het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sy dienaars hierdie woorde aan Dawid meedeel, was die saak reg in die oë van Dawid om skoonseun van die koning te word. En voordat die dae verstreke was, |
| Afrikaans 1983 | Saul se amptenare het hierdie woorde aan Dawid meegedeel, en Dawid het ingestem om die koning se skoonseun te word. Dawid het nie tyd verspeel nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sy amptenare hierdie woorde aan Dawid oordra, was die saak reg in Dawid se oë om so die koning se skoonseun te word. Voor die bepaalde tyd om was, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die amptenare het vir Dawid gaan sê wat die koning gesê het, en Dawid het gesê dit is goed, hy sal die koning se skoonseun word. Dawid het nie lank gewag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die amptenare vir Dawid sê wat die voorwaarde is, het hy besluit om die koning se skoonseun te word. Hy het dadelik aan die werk gespring, |