1 Samuel 18:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Saul: So moet julle vir Dawid sê: Die koning begeer geen bruidskat nie, maar honderd voorhuide van die Filistyne om te wreek op die vyande van die koning. Maar Saul het gedink om Dawid deur die hand van die Filistyne te laat val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul antwoord: “Sê vir Dawid: ‘As bruidsprys wil die koning niks anders hê nie as 100 voorhuide van die Filistyne. Eintlik soek ek maar net wraak op my vyande.’” In werklikheid het Saul gehoop die Filistyne sal Dawid doodmaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Saul: So moet julle aan Dawid sê: Die koning het behae in geen ander bruidsprys as honderd voorhuide van Filistyne nie, as wraakneming op die vyande van die koning. Saul het naamlik daarop gereken om Dawid te laat val deur die hand van die Filistyne. |
| Afrikaans 1983 | Maar Saul het gesê: “So moet julle vir Dawid sê: Die koning wil niks anders as honderd voorhuide van die Filistyne as huweliksvergoeding hê nie, om so wraak te neem teen sy vyande.” Saul se gedagte was om Dawid deur die Filistyne te laat omkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Saul: “So moet julle vir Dawid gaan sê, ‘Die koning wil geen ander bruidsprys hê as 'n honderd voorhuide van Filistyne nie om wraak te neem op die koning se vyande.’ ” Saul het beplan om Dawid te laat sneuwel deur die hand van die Filistyne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Saul het gesê hulle moet vir Dawid sê: “Die koning wil net een bruidsprys hê, hy wil 100 voorhuide van Filistyne hê, want hy wil sy vyande straf.” Saul se plan was dat die Filistyne vir Dawid moes doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul sê toe: “Gaan sê vir Dawid, die koning wil wraak neem op sy vyande; daarom is die enigste betaling vir die bruid wat hy wil hê, die voorhuide van 100 Filistyne.” Saul het gehoop die Filistyne maak Dawid dood. |