1 Samuel 18:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dienaars van Saul het hierdie woorde voor die ore van Dawid gespreek. En Dawid sê: Is dit vir jou 'n ligte ding om 'n koning se skoonseun te wees, aangesien ek 'n arm man en gering geag is? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die amptenare so met Dawid praat, antwoord hy: “Dink julle dis so maklik om skoonseun van die koning te word? Ek is maar ’n arm man sonder aansien.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die dienaars van Saul het toe hierdie woorde voor die ore van Dawid gespreek; maar Dawid het gevra: Is dit 'n kleinigheid in julle oë om die skoonseun van die koning te word, terwyl ek 'n arm en geringe man is? |
| Afrikaans 1983 | Saul se amptenare het hierdie boodskap vir Dawid in die oor gefluister en Dawid het gesê: “Dink julle dis 'n kleinigheid om die koning se skoonseun te word? Ek is maar 'n arm man sonder aansien.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die amptenare van Saul het hierdie woorde vir Dawid in die oor gefluister, maar Dawid het gesê: “Is dit in julle oë so 'n ligte saak om 'n skoonseun van die koning te word? Ek is arm en 'n nikswerd.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Saul se amptenare dit vir Dawid sê, het Dawid gesê: “Ek is 'n arm man, ek is nie belangrik nie. Dink julle iemand soos ek kan die koning se skoonseun word?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Saul se amptenare dit vir Dawid in die oor fluister, het Dawid gesê: “Dink julle ’n mens kan so maklik die koning se skoonseun word? Ek het nie geld nie en ek is ’n onbelangrike man.” |