1 Samuel 18:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul het sy dienaars bevel gegee en gesê: Spreek in die geheim met Dawid en sê: Kyk, die koning het 'n welbehae in jou, en al sy dienaars het jou lief; wees dan nou die koning se skoonseun.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul sê toe vir sy amptenare: “Praat met Dawid en sê: ‘Die koning hou van jou en al die amptenare is geheg aan jou. Hoekom aanvaar jy nie die koning se aanbod om sy skoonseun te word nie?’”
Afrikaans 1933/1953 En Saul het sy dienaars bevel gegee: Spreek met Dawid in die geheim en sê: Kyk, die koning hou van jou, en al sy dienaars het jou lief: word nou maar die koning se skoonseun.
Afrikaans 1983 Saul het sy amptenare beveel: “Sê so ongemerk vir Dawid: Jy weet, die koning hou van jou en al sy amptenare is lief vir jou. Word nou maar die koning se skoonseun.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het sy amptenare beveel: “Sê stilletjies vir Dawid, ‘Kyk, die koning hou van jou, en al sy amptenare is lief vir jou. Word nou die koning se skoonseun.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het vir sy amptenare gesê hulle moet privaat met Dawid praat en hulle moet vir hom sê: “Luister, die koning hou van jou, en al sy amptenare is lief vir jou. Jy moet nou die koning se skoonseun word.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul het vir sy amptenare gesê: “Sê vir Dawid in die geheim: ‘Weet jy, die koning is erg oor jou, en al sy amptenare hou van jou. Jy moet daaraan dink om die koning se skoonseun te word.’”