1 Samuel 18:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Saul: Ek sal haar aan hom gee, dat sy vir hom 'n strik kan wees en die hand van die Filistyne teen hom kan wees. Daarom sê Saul vir Dawid: Jy sal vandag my skoonseun wees in die een van die twee.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul het gedink: “Ek sal haar vir hom gee sodat ek deur haar vir hom ’n lokval kan stel. Die Filistyne sal ook teen hom wees.” Daarop sê Saul die tweede keer vir Dawid: “Jy kan my skoonseun wees!”
Afrikaans 1933/1953 Want Saul het gedink: Ek sal haar aan hom gee, dat sy vir hom 'n strik kan wees en dat die hand van die Filistyne teen hom kan wees. Daarom het Saul vir Dawid gesê: Vir die tweede keer kan jy vandag my skoonseun word!
Afrikaans 1983 Saul het naamlik gedink: ek sal haar aan hom gee dat sy vir hom 'n vangstrik word en die Filistyne teen hom kan wees. So het Saul dan twee keer vir Dawid gesê: “Jy kan vandag my skoonseun word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het gedink: “Ek sal haar aan hom gee, sodat sy vir hom 'n valstrik kan wees, en die hand van die Filistyne dan teen hom sal wees.” Saul het toe vir Dawid gesê: “Deur die tweede dogter kan jy vandag my skoonseun word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gedink: Ek sal haar vir Dawid gee, maar ek sal dit só doen dat die Filistyne hom kan doodmaak. Saul het toe 'n tweede maal vir Dawid gesê Dawid kan sy skoonseun word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) want hy het gedink: “Ek sal haar met hom laat trou, dan trap hy op dié manier in die slagyster en raak die Filistyne van hom ontslae.” Daarom het hy vir Dawid gesê: “Jy kry nou nog ’n kans om my skoonseun te word.”