1 Samuel 18:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Saul sê vir Dawid: Kyk, my oudste dogter Merab, haar sal ek jou as vrou gee; wees net dapper vir my en voer die oorloë van die HERE. Want Saul het gesê: Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul sê toe vir Dawid: “Ek is van plan om my oudste dogter, Merab, vir jou as vrou te gee. Jy moet net jouself bewys en die oorloë van die Here veg.” Saul het gedink: “Ek moet hom nie self doodmaak nie, maar hom eerder teen die Filistyne stuur sodat hulle dit kan doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Saul vir Dawid gesê: Hier is my oudste dogter Merab, haar sal ek aan jou as vrou gee; wees net vir my 'n dapper man en voer die oorloë van die HERE. Want Saul het gedink: Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees. |
| Afrikaans 1983 | Later het Saul vir Dawid gesê: “Hier is my oudste dogter Merab. Ek gee haar aan jou as vrou. Jy moet net vir my 'n dapper man wees en die oorloë van die Here voer.” Saul het naamlik gedink: ek moenie teen hom wees nie. Laat die Filistyne teen hom wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het vir Dawid gesê: “Hier is my oudste dogter Merab. Haar sal ek aan jou as vrou gee. Wees net vir my 'n onverskrokke vegter en voer die oorloë van die Here. ” Saul het gedink: “Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het vir Dawid gesê: “Hier is my oudste dogter Merab. Ek gee haar vir jou om jou vrou te wees. Maar ek wil hê jy moet 'n dapper man wees en jy moet die oorloë van die Here veg.” Saul het gedink: Ek wil nie self vir Dawid doodmaak nie, die Filistyne sal dit doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul het vir Dawid gesê: “Ek wil hê jy moet met my oudste dogter, Merab, trou. Die voorwaarde is net dat jy vir my ’n dapper soldaat moet wees en in die oorloë van die Here moet veg.” Saul het gedink: “Ék hoef dan nie vir Dawid dood te maak nie; die Filistyne sal dit doen.” |