1 Samuel 18:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Saul hom van hom verwyder en hom as owerste oor duisend aangestel; en hy het uitgegaan en voor die volk ingekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom het hy Dawid weggestuur en hom elders as hoof van ’n leërafdeling aangestel.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het Saul hom uit sy teenwoordigheid verwyder en hom aangestel as sy owerste oor duisend, sodat hy voor die manskappe uit-- en ingegaan het.
Afrikaans 1983 Saul het daarna nie meer vir Dawid by hom laat bly nie en hom aangestel as hoof van 'n leërafdeling. Hy het in die oorlog as aanvoerder van die manskappe opgetree
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het Dawid toe uit sy onmiddellike omgewing verwyder en hom aangestel as •aanvoerder van 'n leërafdeling. Dawid was op die voorpunt van die manskappe wanneer hulle uitgetrek en teruggekeer het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het vir Dawid weggestuur van hom. Hy het vir Dawid 'n offisier oor 1 000 manne gemaak, en Dawid het die manne gelei. Dit het oral goed gegaan met Dawid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul wou Dawid toe nie meer naby hom hê nie. Hy het hom die leier van ’n groep soldate gemaak. Dawid het die soldate in al hulle veldtogte gelei.