1 Samuel 18:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Saul het die spies gegooi; want hy het gesê: Ek sal Dawid daarmee verslaan tot by die muur. En Dawid het twee keer uit sy teenwoordigheid weggewyk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe gooi hy na Dawid met die spies en dink: “Ek sal Dawid teen die muur vaspen.” Maar Dawid het gekoes, ook vir ’n tweede keer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe gooi Saul die spies en sê: Ek wil Dawid teen die muur vassteek! Maar Dawid het twee maal vir hom padgegee. |
| Afrikaans 1983 | Toe lig Saul die spies op en dink: ek gaan vir Dawid teen die muur vaspen. Maar Dawid het weggekoes, selfs twee maal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe gooi Saul die vegspies. Hy het gedink: “Ek sal Dawid teen die muur vaspen!” Maar Dawid het twee keer vir hom weggekoes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het die spies na Dawid gegooi, hy wou vir Dawid teen die muur vassteek met die spies. Hy het die spies twee maal gegooi, maar elke maal het Dawid weggespring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul gooi toe die spies na Dawid. Hy wou Dawid in die muur vasgooi met die spies. Maar Dawid het twee keer weggekoes vir die spies. |