1 Samuel 18:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy klaar was om met Saul te spreek, was die siel van Jónatan verbind met die siel van Dawid, en Jónatan het hom liefgehad soos sy eie siel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat Dawid met Saul gepraat het, het Saul se seun Jonatan baie geheg geraak aan Dawid. Daar was dadelik ’n band tussen hulle sodat hulle boesemvriende geword het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat hy sy gesprek met Saul beëindig het, het die siel van Jonatan verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jonatan het hom liefgekry soos sy eie siel. |
| Afrikaans 1983 | Nadat Dawid klaar met Saul gepraat het, het Jonatan baie geheg geraak aan Dawid en hom liefgekry soos homself. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Dawid klaar met Saul gepraat het, was Jonatan reeds baie geheg aan Dawid. Jonatan het hom liefgekry soos homself. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat Dawid klaar gepraat het met Saul, het Jonatan baie van Dawid begin hou. Hy was lief vir Dawid, so lief soos hy vir homself was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [1-2] Van daardie dag af het Saul vir Dawid by hom gehou. Hy het hom nie weer na sy pa se huis toe laat gaan nie. Toe Dawid klaar met Saul gepraat het, het Jonatan sommer baie van hom begin hou. Hy het net soveel vir Dawid omgegee as vir homself. |