1 Samuel 17:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As hy in staat is om teen my te veg en my dood te maak, dan sal ons julle dienaars wees; maar as ek hom oorwin en hom doodmaak, dan moet julle ons dienaars wees en ons dien.
Afrikaans (NLV) 2011 As julle man daarin slaag om my dood te maak, sal ons julle slawe wees, maar as ek hom doodmaak, sal julle ons slawe wees!
Afrikaans 1933/1953 As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons julle slawe wees; maar as ek hom oorwin en hom verslaan, moet julle ons slawe wees en ons dien.
Afrikaans 1983 As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons julle slawe wees. As ek hom baasraak en verslaan, sal julle ons slawe wees en vir ons werk.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As hy in staat is om teen my te veg, en hy verslaan my, sal ons julle slawe word; maar as ek oor hom die oorhand kry en hom verslaan, sal julle ons slawe word en moet julle ons dien.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hy teen my kan veg en as hy my wen, dan sal ons julle slawe wees. Maar as ek beter is as hy en as ek hom wen, dan sal julle ons slawe wees en julle sal vir ons werk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hy kans sien om teen my te veg en my wen, sal ons julle slawe wees! As ek vir hóm kans sien en hom wen, moet julle óns slawe wees en vir ons werk!”