1 Samuel 17:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gaan staan en die leërs van Israel aangeroep en vir hulle gesê: Waarom het julle uitgetrek om julle geveg op te stel? Is ek nie 'n Filistyn en julle dienaars van Saul nie? kies vir jou 'n man, en laat hom na my toe afkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het teenoor die manskappe van Israel gaan staan en geskreeu: “Is dit regtig nodig dat die gevegslinies opgestel moet word? Ek is tog ’n Filistyn en julle is onderdane van Saul. Kies iemand wat ’n tweegeveg met my kan voer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gaan staan en roep na die slagordes van Israel en vir hulle gesê: Waarom trek julle uit om jul in slagorde op te stel? Is ek nie die Filistyn, en julle dienaars van Saul nie? Kies vir julle 'n man uit, dat hy na my toe afkom. |
| Afrikaans 1983 | Goliat het gaan staan en na die linies van Israel geroep. Hy het vir hulle gesê: “Waarom het julle uitgekom om gevegslinies op te stel? Is ek nie 'n Filistyn en julle almal Saul se slawe nie? Kies vir julle iemand om na my toe uit te kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gaan staan en vir die gevegslinies van Israel geskreeu. Hy het vir hulle gesê: “Waarom trek julle uit om gevegslinies vir oorlog op te stel? Is ek nie 'n Filistyn, en julle Saul se slawe nie? Kies vir julle 'n man uit, dat hy na my toe afkom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Goliat het gaan staan. Hy het vir die Israeliete geskree en hy het gesê: “Hoekom kom staan julle in rye om oorlog te maak? Ek is 'n Filistyn en julle is die mense wat vir Saul werk. Julle moet 'n man kies en julle moet hom na my toe laat kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Goliat het by die spruit gaan staan en vir die manne van Israel geskree: “Hoekom maak julle reg om teen die Filistyne te veg? Ék is ’n Filistyn en julle is ’n klomp slawe van Saul! Kies iemand en laat hom hier onder na my toe kom! |