1 Samuel 17:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die staf van sy spies was soos 'n wewersbalk; en die kop van sy spies het ses honderd sikkels yster geweeg, en een wat 'n skild dra, het voor hom uit gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die steel van sy spies was so dik soos ’n wewer se balk en die ysterlem van die spies het sewe kilogram geweeg. ’n Wapendraer het voor hom uitgeloop en ’n skild gedra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die steel van sy spies was soos 'n wewersbalk, en die lem van sy spies was van ses honderd sikkels yster, en die skilddraer het voor hom uit geloop. |
| Afrikaans 1983 | Die steel van sy spies was so dik soos die dwarsbalk van 'n weefstoel, en die ysterlem daarvan was sewe kilogram. Sy skilddraer het voor hom uit geloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die skag van sy vegspies was soos die dwarsbalk van 'n weefraam en die lem van sy vegspies was van seshonderd sikkel yster. Iemand wat 'n grootskild dra, het voor hom uit geloop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die houtsteel van sy spies was so groot soos die balk van 'n weefstoel, en die ysterlem van die spies het 600 sikkels geweeg. Voor hom het 'n man geloop wat sy skild gedra het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die handvatsel van sy spies het gelyk soos die balk waaraan mense wat weef, hulle wol hang, en die spies se ysterpunt het omtrent ses kilogram geweeg. ’n Man wat ’n groot skild dra, het voor hom geloop. |