1 Samuel 17:58 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul sê vir hom: Wie se seun is jy, jongman? En Dawid antwoord: Ek is die seun van u kneg Isai, die Betlehemiet.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul sê vir hom: “Sê my wie se kind is jy, my seun?” Dawid antwoord: “Ek is die seun van u onderdaan Isai. Ons woon in Betlehem.”
Afrikaans 1933/1953 En Saul vra hom: Wie se seun is jy, jongman? En Dawid sê: Die seun van u dienaar Isai, die Betlehemiet.
Afrikaans 1983 Saul het vir hom gevra: “Seun, wie se kind is jy?” “Die kind van u onderdaan Isai, uit Betlehem,” het Dawid geantwoord.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul vra toe vir hom: “Wie se seun is jy, jong man?” Dawid het geantwoord: “Die seun van u dienaar Isai, uit Betlehem.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het vir hom gevra: “Jongman, wie is jou pa?” En Dawid het gesê: “My pa is Isai van Betlehem.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul vra hom toe: “Wie se kind is jy, seun?” Dawid het geantwoord: “Ek is die kind van Isai, u onderdaan wat in Betlehem bly.”