1 Samuel 17:57 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Dawid terugkom van die slagting van die Filistyn, het Abner hom geneem en hom voor Saul gebring met die hoof van die Filistyn in sy hand.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Dawid die Filistyn doodgemaak het, bring Abner hom na Saul toe. Die kop van die Filistyn was nog in sy hand.
Afrikaans 1933/1953 En toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom geneem en hom voor Saul gebring, met die hoof van die Filistyn in sy hand.
Afrikaans 1983 Toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom gevat en voor Saul gebring met die kop van die Filistyn nog in sy hand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom geneem en hom voor Saul gebring. Die kop van die Filistyn was nog in sy hand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Dawid die Filistyn oorwin het, het hy teruggekom en Abner het hom na die koning toe gebring. Dawid het die Filistyn se kop in sy hand vasgehou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Dawid terugkom by die kamp nadat hy die Filistyn doodgemaak het, het Abner hom na Saul toe gebring. Hy het die kop van die Filistyn nog by hom gehad.