1 Samuel 17:56 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die koning: Vra jy wie se seun die jong kind is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dan moet jy uitvind wie die jong man is,” beveel Saul. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning sê: Vra jy wie se seun die jongman tog is. |
| Afrikaans 1983 | Die koning sê toe: “Vra jy tog wie se kind die jong man is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning sê toe: “Vra jý wie se seun die jongeling is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het gesê: “Jy moet uitvind wie se seun hy is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vind vir my uit wie se kind is die jong man,” het die koning gesê. |