1 Samuel 17:55 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Saul Dawid sien uittrek teen die Filistyn, sê hy vir Abner, die leërowerste: Abner, wie se seun is hierdie jongman? Toe sê Abner: So waar as u siel leef, o koning, ek kan nie sê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Saul Dawid sien uittrek om die Filistyn aan te durf, vra hy vir Abner, die hoof van die leër: “Wie se seun is hierdie jong man, Abner?” Abner antwoord: “Ek weet regtig nie, Koning!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Net toe Saul Dawid sien uittrek om die Filistyn te ontmoet, sê hy vir Abner, die leërowerste: Wie se seun is die jongman tog, Abner? En Abner antwoord: So waar as u siel leef, koning, ek weet dit nie! |
| Afrikaans 1983 | Toe Saul vir Dawid sien uitgaan om die Filistyn te ontmoet, het hy vir Abner die hoof van die leër gevra: “Abner, wie se kind is dié jong man tog?” Abner het geantwoord: “So seker as u leef, U Majesteit, ek weet nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net toe Saul sien dat Dawid uitgaan om die Filistyn aan te durf, het hy vir Abner, die bevelvoerder van die leër gevra: “Wie se seun is hierdie jong man, Abner?” Abner het geantwoord: “So waar as wat u leef, o koning, ek weet nie!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Saul gesien het Dawid gaan om met die Filistyn te veg, het hy vir Abner, die hoof van die leër, gevra: “Abner, wie se seun is daardie jongman?” Abner het geantwoord: “Nee, koning, ek weet glad nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul het gesien hoe Dawid teen die Filistyn gaan veg, waarop hy vir Abner, sy groot generaal, gevra het: “Wie se kind is dit, Abner?” “Ek weet sowaar nie, U Majesteit,” het hy geantwoord. |