1 Samuel 17:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem en dit uit sy skede getrek en hom gedood en sy kop daarmee afgekap. En toe die Filistyne sien dat hulle kampvegter dood is, het hulle gevlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hardloop Dawid, trek die Filistyn se swaard uit die skede en kap sy kop daarmee af. Toe die Filistyne sien dat hulle baasvegter dood is, het hulle gevlug.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem, dit uit sy skede getrek en hom van kant gemaak, en hy het daarmee sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood was, het hulle gevlug.
Afrikaans 1983 Toe het Dawid gehardloop, by die Filistyn gaan staan, sy swaard gevat, dit uit die skede getrek en hom van kant gemaak: hy het sy kop daarmee afgekap. Die Filistyne het gesien dat hulle held dood is, en het gevlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid hardloop toe en gaan staan by die Filistyn, vat sy swaard vas, en trek dit uit die skede. Hy het hom die doodslag toegedien deur sy kop met die swaard af te kap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood is, het hulle gevlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het gehardloop en by die Filistyn gaan staan. Hy het die Filistyn se swaard uit sy leersak getrek en hy het hom doodgemaak en sy kop afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood is, het hulle gevlug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het gehardloop en by die Filistyn gaan staan, sy swaard uit die skede getrek en hom doodgemaak. Daarna het hy sy kop afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood is, het hulle weggehardloop.