1 Samuel 17:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het die Filistyn oorwin met 'n slinger en met 'n klip, en hy het die Filistyn verslaan en hom gedood; maar daar was geen swaard in die hand van Dawid nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het Dawid met sy slinger en ’n klip die Filistyn oorwin. Hy het hom getref en doodgemaak sonder dat daar ’n swaard in Dawid se hande was. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met 'n slinger en 'n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie. |
| Afrikaans 1983 | Met die slingervel en klip was Dawid sterker as die Filistyn en het hy hom verslaan en doodgemaak. Dawid het nie eens 'n swaard by hom gehad nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het die oorhand gekry oor die Filistyn met 'n slingervel en 'n klip. Hy het die Filistyn verslaan en hom doodgemaak, al was daar nie 'n swaard in Dawid se hand nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het net die slingervel en een klip gebruik, maar hy was sterker as die Filistyn. Hy het die Filistyn oorwin en hy het hom doodgemaak, en hy het nie 'n swaard in sy hand gehad nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het die Filistyn gewen met slingervel en klip. Dawid het hom raak gegooi en hom so doodgemaak. Net so, sonder ’n swaard het Dawid dit gedoen. |